karen ferreira
|
Karen Ferreira het al musiekliefhebbers in die heel eerste reeks van Idols beïndruk toe sy in die sewende plek geëindig het. Daarna het sy die Zing!-musiekkompetisie saam met sangmaat Reneé gewen, maar daarna besluit om eerder op 'n solo-loopbaan te fokus. Haar debuutalbum, Altyd joune, het in 2005 die lig gesien nadat sy 'n kontrak met Leo Musiek geteken het. Die musiekvideo van die liedjie "Kosie", saam met Robbie Wessels, was besonder gewild. Dié album is opgevolg met Dans met my, wat in 2007 die winkelrakke getref het. Met dié cd stel sy ook haar vaardighede as liedjieskrywer ten toon deurdat sy by sewe liedjies van die lirieke tot die melodie betrokke was. >> promosiefoto's |