Viljoen Retief maak sy debuut in die Suid-Afrikaanse musiekbedryf in Maart 2007 met sy eerste CD getiteld Jou Wêreld Wag. Met dertien oorspronklike snitte maak hy sy merk as liedjie skrywer, sanger en musikant met sy musiek wat oud en jonk raak.
In 2009 teken hy sy eerste volwaardige platekontrak by SMP en neem sy nuutste album op in 2010 getiteld Soos die wind.
Met Viljoen se uitsonderlike liedjieskryf-talent en die vaardigheid en ondervinding van sy platemaatskappy, is hierdie een van die beste albums wat in 'n lang tyd gehoor is!
Benewens die titelsnit is hoogtepunte Boer met 'n Banjo, Kromrivier, Daar is meer en die pragtige Dorinkiebaai.
Hierdie kunstenaar is uniek in elke opsig. Met sy pragtige stem en besonderse persoonlikheid is hy 'n treffer met sy lewendige optredes.
>> promosiefoto's