meer oor smp |
Gedurende 2000 was Christo & Cobus met 'n 50% aandeel, stigterslede van
die platemaatskappy "Maroela Musiek". Twee jaar later verkoop hulle hierdie aandeel in "Maroela" en bedryf sedert 1 November 2002 hul eie platemaatskappy onder die naam SMP (Snyman Musiek Produksies BK). Vandag is SMP 'n gevestigde naam in die musiekbedryf met verskeie kunstenaars onder hul vaandel. As platemaatskappy verskaf SMP 'n eksklusiewe, persoonlike. betroubare, hoë gehalte en bevredigende diens aan kliënte. Die huidige kunstenaars onder ons vaandel sluit in Die Broers, Christo & Cobus, Jovan & Thelma, George Meiring, Karen Ferreira, Nic Stevens en Viljoen Retief. |
|
|