SMP se nuwe uitreikings
Snyman musiek produksies is trots om Die Broers se nuwe DVD, Tienduisend vry te stel wat by alle winkels verkrygbaar sal wees.
Viljoen Retief se nuwe cd is hier!
Viljoen Retief se nuwe cd "Soos die wind" is klaar en vrygestel. Kyk uit vir die cd oral in winkels.
Jovan en Thelma se solo album -
Hierdie talentvolle man en vrou duo is huidiglik in die pre-produksie ateljee saam met Nic Stevens waar hulle besig is om die oorspronklike nommers geskryf deur Jovan, Nic & Viljoen te verwerk. Na afloop van hierdie proses skuif Jovan en Thelma na die groot ateljee waar Cobus Snyman die finale opnames & klankmeng sal behartig.
Karen Ferreira wat aan niemand onbekend is nie het deur die jare gegroei as kunstenaar, menswees en vrouwees. Ons is besig om 'n repetoir te skryf en saam te stel vir Karen se nuutste en 3de album wat ook opgeneem en vrygestel gaan word.
Kyk ook uit hierdie jaar vir nuwe albums van Christo & Cobus sowel as NIc Stevens!