MUSIEKVIDEOS

DIE BROERS

Diep In My Hart

Diep In My Hart is die nuutste enkelsnit en treffer van die Broers. Hul nuutste album, Diep In My Hart is onlangs uitgereik en is te koop by jou naaste musiekwinkel.

DIE BROERS

10 000 Myl

10 000 Myl is ook die titelsnit van die Broers se CD. Die melodie en lirieke was geskep deur Nic Stevens. Die video is geskiet in die Beaufort-Wes-omgewing met plaaslike persoonlikhede as byspelers, behalwe Jovan & Thelma. Die storielyn is geskep deur die Broers self. Die span het lekker pret gehad tydens die rotsklim met toue. Dit was wonderlik om van die plaaslike inwoners van Beaufort-Wes in die kroegtoneel te hê. Nic het sy kop lelik gestamp agter in ’n Landrover toe die voertuig oor ’n hobbel in die pad gery het.

NIC STEVENS

Vlug 101

Dis glad nie lekker wanneer jy weg van die huis af is as gevolg van werksomstandighede nie. Verlange bly maar ’n teer intieme saak. Die kamerawerk en die effek van die helikopter was veral treffend. Tonele op vriend Hennie se plaas, naby Kimberley, was ook baie mooi.

CHRISTO & COBUS

Trein na Margate

Spesiaal vir Christo & Cobus geskryf deur Steve Hofmeyr. Die CD, met dieselfde titelsnit, het goue status bereik. Die besonderse verwerking deur Cobus Snyman met die kitaarspel wat die ritmiese geluid van die treinwiele op unieke wyse namaak, het die sukses van hierdie treffer verseker.

DIE BROERS

Verslaaf aan jou

Deur Nic Stevens. Sommer ’n ander invalshoek om jou liefde aan ’n meisie te beskryf.

NIC STEVENS

Jonk Bly

Nic Stevens se eerste groot treffer en ook titelsnit van sy eerste Afrikaanse CD. Die video is geskiet by Bushman’s Cave in Clanwilliam. Choreografie en regie deur Cobus Snyman.

VILJOEN RETIEF

Soos Die Wind

Die video is verfilm op verskeie plekke tussen Durbanville en Malmesbury, ondermeer by die wind-aangedrewe kragopwekkers op die Klapmuts pad. Die skrywer beeld aan die luisteraar sy verlange en eensaamheid oor sy verlore liefde uit, deur die wind as simbool te gebruik van iets wat verwaai is, of weg gewaai het.

KARIN FERREIRA & VILJOEN RETIEF

Vier Wit Mure

Geskryf deur Gustav Smit en opgeneem deur SMP. Die lied vorm deel van die Huisgenoot Liedjieskryf Kompetisie. Viljoen en Karen is gevra om dit te vertolk. Die lied verskyn ook daardie jaar op die Tempo CD asook op die DVD. Vier Wit Mure verskyn ook op Karen se Tokkolos album.

KARIN FERREIRA

Tokkelos

Karin het nie net ’n pragtige stem nie, haar danspassies en spel maak hierdie video ongelooflik.

DIE BROERS

Huistoe

Nic Stevens het hierdie treffer geskryf na 'n lang rit met sy bakkie vol toerusting, op pad huistoe na 'n optrede.

THYS DIE BOSVELDKLONG

Looks Is Nie Alles Nie

Die liedjie word gesing deur Thys saam met Lizz Meiring. Totale videoproduksie (kamerawerk en redigering ingesluit) deur Cobus Snyman.

NIC STEVENS

Dis Altyd Lente

'n Nostalgiese terugblik op Nic Stevens se tyd as student by die Universiteit van Stellenbosch toe hy B.Comm LLB probeer het. In sy tweede jaar skuif hy genadiglik na B.Mus. aan Universiteit Kaapstad met klavier, en trompet as tweede instrument. Hy was gelukkig baie meer suksesvol hier! Die liedjie is deur studente “geannekseer” en word spontaan tydens Matie rugby gesing wanneer Maties druk.

CHRISTO EN COBUS

7 x 70

7x70 is ook die titelsnit van Christo & Cobus se CD. Die melodie is deur Steve Hofmeyr, en lirieke deur Nick Snyman & Cobus Snyman. “Hoeveel keer meer moet ek sê ek is jammer as jammer jou nie terug bring”. Die inspirasie was die moeilikheid van vergifnis as mens diep seergemaak was.

NIC STEVENS

Toeter Skoeter

Nic Stevens se liedjie is geïnspireer deur 'n besoek aan Langebaan saam met vriende, en lekker tye langs die lagoon. Die video is geskiet by die Bulshoekdam by Clanwilliam. Hierdie is steeds een van Nic Stevens se grootste treffers.

CHRISTO & COBUS

Daar Sal Nuwe Winde Waai

Die tema van moeilike tye wat met tyd gunstig word, word deur verskillende scenarios uitgebeeld in hierdie immergroen-treffer.

VILJOEN RETIEF

Droomvanger

Hierdie is ook die titelsnit van Viljoen Retief se CD, en die video is verfilm by Dullstroom. Die skrywer dra oor dat hy sy geliefde se drome wil waar maak, deur daar vir haar te wees selfs wanneer sy slaap. Die lied herinner mens aan die mistieke karakter, Klaasvakie.

CHRISTO & COBUS

Doodloopstraat

'n Nuwe treffer deur Christo & Cobus, Doodloopstraat, wat deur talle aanhangers geniet word by hulle lewendige optredes en op radiostasies regoor die land.

CHRISTO & COBUS

Kan Jy My Hoor

Die nuutste video van hulle 2012 album "20 PARTYTJIE TREFFERS".