smp ateljee |
As gevolg van 'n behoefte om meer tyd aan ons eie opnames te spandeer is ons eerste klankateljee gedurende 1998 opgerig. Die tweede of S. M. P. ateljee 2 is in 2008 opgerig. Ons eertydse platemaatskappy was so beïndruk met die kwaliteit van ons eerste produksie dat ons versoek is om produksies van hulle ander kunstenaars te behartig. Die een produksie na die ander het gevolg. Omdat ons 'n groot premie op die kwaliteit van klank plaas, is ons nuwe en groter ateljee volgens aanvaarde akkoestiese spesifikasies ontwerp en met hoë kwaliteit toerusting toegerus. Die bekwaamheid, ondervinding en musikaliteit van die verwerker, klankingenieur en die regisseur speel ook 'n enorme rol in die kwaliteit van die finale produk. Hierdie funksies word deur die drie broers behartig. Vir navrae omtrent die ateljee skakel vir:
|
|||||
|
||||||